Meet the angel.
*** "Jemima is ‘n baie spesiale gesant van iewers vandaan waar name en adresse nie saak maak nie.
‘n Soort… wat sal ‘n mens dit noem? Beskermengel.
Want sy beskerm almal wat graag beskerm wil word. Jemima verstaan baie dinge. Veral van die liefde
verstaan sy. Omdat sy lankal geleer het ‘n mens spel die woord op ‘n duisend maniere. Sy voel haar tuis
tussen die kospotte van die Klein Karoo. Daarom het sy deernis vir die soetlus van die soettande, begrip
vir die kieskeurigheid van die lekkerbekke, blydskap oor die uitbundigheid van die vrolikes. Soms, as
niemand kyk nie, skryf sy gedigte oor vye, ryp granate, gestoofde kwepers en soet patats. Sy weet elke
lus het sy las, maar sy self het ‘n week plekkie eenkant. Maar laataand, as die gelag tussen die tafels
te aansteeklik word en die geselskap is regtig goed, gebeur daar party keer onverklaarbare dinge…"
“Ethereal Jemima, whose protective wings embrace all lesser mortals.
A guardian angel of love, good taste and good cooking, who conjures poetry with figs, pomegranates,
stewed quinces and sweet potatoes.
Shy Jemima. In the late hours of evening amid warm conversation and joyous laughter you may be
tempted to reveal your presence?”
*** Renowned Afrikaans “Sestigers”(of the sixties) author, Chris Barnard, 1999
|